Bonnievale Wyne het twee nuwe wynmakers op hul span – Jean Slabber en Izak de Vries.

Slabber was tot onlangs by Montagu Koöperatiewe Wynkelder waar hy assistent wynmaker was en ook ondervinding in Amerika se top-wynmaakstreek, die Napa-vallei, opgedoen het. Hy het sy BSc Agric-graad by Universiteit Stellenbosch in 2012 ontvang en ‘n jaar later by Arabella Wines as assistent wynmaker aangesluit.

Izak de Vries sal ‘n bekende gesig by Bonnievale Wyne wees. Hy het einde 2014 sy B.Agric-graad in kelder tegnologie by Elsenburg ontvang en toe by Bonnievale Wyne as assistent wynmaker aangestel. Hy het het in 2016 by Neil Ellis van Stellenbosch ingeval as pars assistent, waarna hy ‘n pars in die Sonoma-vallei van Kalifornië gaan doen het. Met sy terugkoms, het De Vries ‘n pars by die Franschhoekse wynplaas Allée Bleue gaan doen voor hy nou weer by Bonnievale Wyne begin het, as wynmaker.

LEAVE A REPLY